Ozempic en generiese sukses - Maroela Media
Hoe werk generiese middels en patente?
Ozempic was onlangs saam met BBL en ander politiese eienaardighede in die nuus. Ozempic se eienaar, Novo Nordik en iDexis, ‘n vervaardiger van generiese middels, het mekaar vandag vir kommersiële redes in die hof gepak. Dit laat die vraag ontstaan hoe generiese middels en patente regtig werk?
Ozempic is die kommersiële naam vir ʼn sintetiese glukagon-agtige peptied-1 (GLP-1) wat ʼn hormoon in ons liggame se verteringstelsel naboots. Die hormoon aktiveer die pankreas om insulien vry te stel indien iemand se bloedsuiker te laag is.
Die patent se oorspronklike oogmerk was om pasiënte met diabetes-2 te behandel. Die Amerikaanse reguleerder, die FDA het die middel eers in 2017 goedgekeur, waarna kommersiële gebruik van die middel kon begin - dus 10 jaar nadat die patent oorspronklik geregistreer is. Die patent het intussen vroeër vanjaar in verskillende lande verval, wat beteken dat generiese middels